AFK1501 - Oct-Nov 2020 Answers PDF

Title AFK1501 - Oct-Nov 2020 Answers
Author Sunell Hamon
Course Afrikaans
Institution University of South Africa
Pages 17
File Size 217 KB
File Type PDF
Total Downloads 22
Total Views 109

Summary

AFKNaam:Studente Nommer:Module Kode:Inhoudsopgawe Leereenheid 1: Leereenheid 2: Leereenheid 3: Leereenheid 4: Bibliography: Plagiaatverklaring: jong kinders wat op daai ouderdom blootgestel word aan sulke tipe goed. Dit het my begrip verander oor die rede dat as jy jouself in so jonk seun se skoene ...


Description

AFK1501 Naam: Studente Nommer: Module Kode:

1

Inhoudsopgawe Leereenheid 1: ........................................................................................................................... 3 Leereenheid 2: ........................................................................................................................... 6 Leereenheid 3: ........................................................................................................................... 8 Leereenheid 4: ......................................................................................................................... 11 Bibliography: ............................................................................................................................ 15 Plagiaatverklaring: ................................................................................................................... 16

2

Leereenheid 1:

Vraag 1: 1.1 Interpretasie is ʼn term wat die geheel van aktiwiteite aandui wat ten doel het om ʼn literêre teks te verklaar of te verduidelik. ‘n Gedig of roman word onderneem met die doel om inligting of idees te bekom. Wanneer dit uitgevoer word, bly die leser wel bewys van al die inligting of idees, die teks word ‘n avontuur vir die leser, waar hy in die gedig or roman leef buite veilige afstand in die storiewereld. Die leser reis in die wereld sonder enige idees of agenda.

1.2

Dido, E.K.M. 2011. Sjabloon. In:Nel, M. & Vermaak, A. (samestellers). Skreeu en ander verhale. Pretoria: Lapa Uitgewers, 92-94.

1.2.1 Dwels is vir my gevaarlik. Mense, kinders wat nog jonk is en wat familie het wat blootgestel is aan dwels kan ‘n negatiewe impak he op mens. Ek voel en ek dink elke ander persoon wat soos ek is voel dieselfde. Om te sien hoe mense hulle self bloodstel aan so iets is nie sommer iets wat ek wel weer wil aan din k nie. Ek het myself gesien so iemand help met al die vermoe binne my, jy prentjie jouself so realisties in die storie in dat jy voel soos een van die karakters wat dit herleef vir daai persoon, die skok en emosie waardeer so iemand gaan wat jy as kind nie regtig verstaan wat eintlik reg of verkeerds is nie. Is dit reg wat Sjabloon gedoen het? EK kan sien daar is baie onwerklikheid vir almal wat die nuus gekry het oor die skietery en die dwels wat dalk wel betrokke wat en dalk die oorskot was. Ek hoor hoe die mense kla en kerm dat hulle in so buurt moet woon waar dwels gesmokkel word om hulle en wel tog onder jou dag. Mens is tog altyd bang vir

3

jong kinders wat op daai ouderdom blootgestel word aan sulke tipe goed. Dit het my begrip verander oor die rede dat as jy jouself in so jonk seun se skoene plaas en dit herleef asof dit jy is, asof jy die storie vertel aan iemand wat met jou gebeur het slaan realiteit nogals ernstige note in die lus. Ek voel dus het dit my begrip verander omrede dwels baie na aan my raak het ek myself in sy skoene geplaas, in sy reis gestig en gevoel hoe so kind voel om sulke nuus tee te kom. 1.2.2 Die storie begin af op ‘n baie goeie noot waar die kinders rugby gespeel het en by die huis kom met lekker kos aan die tafel. Die seun se vriend was toe nou nie die dag by die skool nie wat klokke laat lui, want dit was ongewoon. Die storie draai toe daai klokkie in heelwat iets onverwags wat sou kon gebeur het met die skietery en dwelm smokeling en dan nog ook iemand wat raak geskiet is, wat bekommer oor almal dwaal want niemand weet wie en waar nie. Dit swaai toe oor met die hoop dat dit nie Sjabloon hulle is nie en tog gelukkig bly hulle net 2 strate van mekaar af. Later die aand draai die storie weer waar dit wel hulle was en dat hulle wel dwels gesmokkel het en Sjabloon geweet het van die dinge wat in die huis aangaan. 1.2.3 Stefan – hy is vriende met Sjabloon, hulle gaan saam skool Ma – Stefan se ma, hulle woon saam Jason – Die oudste broed van Sjabloon, die broer wat geskiet is in die skietery en met dwels smokkel Sjabloon (Pieter: sy regte naam) – Stefan se vriend en Jason se broer, Sjabloon het niks geweet van die dwels nie. 1.2.4 Die kortverhaal gebeur in Ma en Stefan se huis, waar Stefan van die skool af kom vir aandete, in die kombuis by hulle groot bruin kombuistafel. Die gebeure speel af in die stad Belville. Dit speel ook af in Stefan se kamer waar hy sit en speel met 4

Pieter se stensils op sy bed, net toe sy pa daar stil staan met sy motor toe hy van die werk afkom. 1.2.5 Daar was wel baie gesinsprobleme by die gesin waar Pieter gewoon het, dwels en gevaar. Moenie mense vetrou wat jy dink jy kan nie. Mense se agtergrond kan jou lelik skade aandoen as hulle nog doenig is met die verkeerde dinge op die verkeerde tyd. Die storie wys jou hoe gou dinge kan gebeur as jy jou vinger by die verkeerde gat indruk en te diep indruk waar tot op die punt kom wat jy veg vir jou lewe waar jy slegte besluite gemaak het.

5

Leereenheid 2:

Vraag 2: 2.1 Eerstens is daar die fisiese roadtrip wat Gilbert onderneem as hy Kirkwood in die Oos-Kaap verlaat, en via Pearston, Pine Slipes (Port Elizabeth) en die fossielpark in die Karoo reis (waar hy ‘n ruk lank vertoef), en die eindpunt van die reis op die Kuilsrivier bereik. Hierdie reise vorm die basiese plot van Dorado. Dit is ‘n padlangse reis wat Gilbert deur geografiese-herkenbare dele van Suid-Afrika neem en dus die indruk skep van iets wat werklik gebeur. 2.2 Dorado het wel ‘n realistiese storie omskep deur die storie te skryf, ek din k en het werklik in die storie gereis van agter die boek waar ek dit lees, hy het dit geskryf uit die ervaring wat hy deur geleef het in die tye toe hy in die Karoo was: Direk gekwoteer: “Van die agterpaaie van die Karoo tot in die agterstrate van Kuilsrivier lees Dorado asof David Lynch en Wim Wenders saam ’n road movie hier kom skiet het. Tom Dreyer ken die taal wat teerpad praat.” – dit is presies waar ek sien en weet Dorade het welgedaan met die storie. 2.3 Koen se verwysing na die magiese realisme plaas Dorado binne ‘n ou tradisie van die prosa. 2.4 Die vermening van werklikheid en illusive in Dorado sou kon teruggevoer word na bogenoemde tradisie, aangesien die hoofkarakter klaarblyklik glo in ‘n ander (“hoer”) dimensie vanwaar daar “boodskappe” oor sy “lotsbestemming” aan hom oorgedra word – via die vlieende visse. 2.5 Die magiese realisme hou ook verband met die Jungiaanse gedagte dat in die mens twee vlakke van die onbewuste onderskei kan word: die persoonlike

6

onbewuste en die kollektiewe onbewuste. Eersgenoemde bevat al die mens se onderdrukte denke, vergete ondervindings en onontwikkelde idees. Die kollektiewe onbewuste sou dan bestaan uit die herinnerings en gedagtepatrone wat van vorige geslagte geërf is. In die diepste lae van die mens se onbewu ste is ervarings en herinneringe opgesluit wat op belewenisse van die hele mensdom dui, selfs van die begin van die aarde af. Die vermenging van werklikheid en illusive in Dorado sou kon teruggevoer word na bogenoemde tradisie, aangesien die hoofkarakter klaarblyklik glo in ‘n ander (“hoer”) dimensie vanwaar daar “boodskappe” oor sy “lotsbestemming” aan hom oorgedra word – via die vlieende visse. 2.6 Die vertellersperspektief – ofskoon in die derde persoon – is nou verweef met dié van Gilbert du Toit, die hoofkarakter en dit is nie ’n baie stabiele, betroubare of selfs “normale” perspektief nie. Soos deur ongewone lense word die rou materiaal van Gilbert se bestaan verkleur en verwring deur die (soms verregaande) dinge wat hy glo of verkies om te glo. Uiteindelik word sy wêreld – en die wêreld wat die leser saam met hom teëkom – ’n soort vermenging van werklikheid en illusie. Dié gedagte aan ’n werklikheid wat glibberig word – ja, soos ’n vis – is iets waarop ek op verskeie maniere in die teks sinspeel. Hoe harder Gilbert probeer om die waarheid vas te vat, hoe meer glip dit tussen sy vingers uit en hoe harder gryp hy terug. 2.7 “Seewater” – Daar is altyd visse in die see en is ‘n goeie verwysing. “Lyne” – Die wereld van Gilbert wat die lyne van die visse in die lug prober volg om sin van sy lewe te maak.

7

Leereenheid 3:

Vraag 3: 3.1 ‘n Spelleier is ‘n professionele person in die teaterveld wat toesig hou oor die orkestrering van ‘n teaterproduksie soos bv. in ‘n toneelstuk, opera, dansdrama of musiekteatervoorstelling. 3.2 Omdat dit “radiodrama” genome word is meer vir die blinde mense, jy omskep ‘n hele teater atmosfeer in jou kop soos jy die radiodrama luoster and plaas jouself in die karakter se skoene. 3.3 Die regte Deon het wel soos die storie lyn dit vertel in ‘n egte “vark” verander wat sal verduidelik hoekom hulle dink hy lyk vaal, amper pienkerig, hy is in die begin stadium van ‘n vark te verander wat die kleur van pink is. 3.4 “Vark klanke/diere” “Foon wat lui/deure” 3.5 Dit moet natuurlik wees. Dit moet klink soos spreektaal, nie skryftaal (prosa) uit 'n teksboek nie. Woordkeuse van spreektaal verskil daadwerklik van skryftaal of boektaal. Dialoog moet die gehoor op 'n subtiele manier laat sien. Dit beteken dat sommige dinge wat die gehoor op die verhoog sien, in die radiodrama deur middel van dialoog oorgedra moet word. Dit help, saam met byklanke en akoestiek, om die luisteraar se verbeelding te stimuleer, ook ten opsigte van die omgewing en voorkoms van die karakters.

8

3.6 Perspektief – “Perspektief (die afstand van die mikrofoon van geluid – BYKLANK of spraak) is ʼn belangrike hulpmiddel om die luisteraar in staat te stel om die illusie van ruimte waarin ʼn toneel afspeel, te visualiseer.”(Uitreiksel uit RSG Handleiding) 3.7 Die toneel word Meestal afgespeel by ieamand sy huis, die voeltjies wat buite vluit, klink of dit op ‘n plass is waar daar heelwat baie diere is wat gehoor kan word in die agtergrond. 3.8 “Wat gaan Dominee van ons dink?” 3.9 Eggo dikwels aangedui in terugflitstonele, of in 'n omgewing wat klank weerkaats soos 'n grot of 'n leë vertrek, of wanneer die gedagtes van 'n karakter gehoor word. In Die Selle het dit gebeur waar Magda 3.10 Dit is belangrik om te onthou dat die mikrofoon die oor van die luisteraar verteenwoordig. Dit is die middlepunt van die virtuele ruinte wat deur perspekftief geskep word en die punt waar die luisteraar hom/haar in daardie ruimte bevind. 3.11 “Deon is ‘n vark!” – Daar word gese dat die man nie die beste persoonlikheid en maniere gehad het nie. Hy het hom dalk gedra soos ‘ vark en nou is hy tog net soos ‘n vark, lyk soos een het gaan aan soos een. 3.12 ‘n Welgestelde, spoggerige vrou kom te hore van ‘n rewolusionere procedure waarvolgens die klining van ‘n mens vervolmaak is deur varke te transmuter om uiteindelik die voorkoms en persoonlikheid van ‘n gasheermens te neem. Sy is ongelukkig getroud met ‘n bombastiese narsis en besluit om die nuwe presedure op die proef te stel.

9

3.13 Die oorhoofse tema sal ek se dat ondakbaarheid kan jou in die voet skiet, mens wens altyd vir iets wat jy wil verander en dan verander dit wel, maar in iets wat jy terug wens. Passop wat jy aan ander doen vir jou eie gewin wat jy gaan berou.

10

Leereenheid 4:

Vraag 4: Die “Aankoms” deur Antjie Krog, is ‘n postkoloniale gedig wat die ou tyd beskryf van Timbaktoe. Die gekuier in die bos, die lekker kos en tye. Die laat aande onder die maan by die duine. Die “Aankoms” dui op ware geskiedkundige gebeurtenisse. Dit dui op die verskillende kulture se lyding alhoewel dit al ‘n baie lank tyd terug gebeur het asook die lyding wat die mense daai tyd ervaar het. Die gedig beskryf ’n poësie-lesing in die woestyn op die laaste aand van die poësiekaravaan se reis. In hierdie gedig word daar teruggekeer na die belangrike rol wat taal en landskap speel in die gevoel van “boorling”. In ’n vorige gedigsiklus is daar verwys na die taal van medemenslikheid, skuldbelydenis en vergifnis as “bibberend die kleur van mens”; in die geval van hierdie gedig is dit die poësie wat die eienskap het dat dit altyd in “die kleur van mens” kom. Dit verwys onder meer daarna dat die stemme van verskillende ander Afrika-digters in die gedig opgeneem word (vergelyk strofes 7-11; ook Krog, 1999b) en geïntegreer word met dié van die digter. Die eerste twee strofes toon ooreenkomste met die beskrywing by hul eerste aanskoue van Timboektoe in 'n Ander Tongval. Die vierde strafe van die gedig handel oor 'n ete by die imam en dit bestaan feitlik net uit 'n Iys van die geregte wat mekaar opgevolg het. In 'n Ander Tongval word hierdie egter met smaak en humor aangebied. In die vyfde strofe word die laaste aand in Timboektoe beskryf en die ooreenkoms met die gebeure in In Ander Tongval is opvallend. Dit blyk weer eens uit die prasateks dat die woorde wat in strofes 7 - 14 van die gedig vervat is, die waarde van ander digters is wat dan deur die digter vertaal en getransfarmeer word om by haar poesie in te pas. Strofe 7 is volgens die prosateks In Arabiese gedig. 11

Strofe 9 verwaard die waarde van die taeareg-haafman: "Selfs al breek hulle my pen, sal my woorde vlam vat; selfs al maak hulle my perde en kamele tot niet, sal my tande aan hul gewrigte hang; selfs al neem hulle my laaste asemterug, sal ek hul handpalms skroei. ... " (Tongval:367.) Strofes 10-14 word feitlik net so verwaard in 'n Ander Tongval. Ek dink nie, ek sing. Ek is die digter van stilte,' vertaal die rekenmeester in haar oor. Die taal is nou Frans. Dan Arabies. Die Egiptiese digter vertaal: 'Ek is die swerwer van die woord, die nomade, ek swendel met die stilte van woorde. , .. ' Bambara: 'Poesie is altyd besig met lig. Poesie gloei van binne. Poesie is die ritueel wat klank oor Jig drapeer. Sodat jy oopgemaak kan leef.' Frans: 'Met die letsel van on s tong skryf ons die land onder ons voete. Skryf ons 'n landskap van asem. Ruik ons woord menslik, proe ons tong Afrikaan. Om te skryf is om te behoort.' (Tongval:368) Dit blyk duidelik uit die voorafgaande bespreking dat die outobiografiese teks in die geval van kleur kon nooit alleen die bykomende insig op die ooreenstemmende verse bied. Die voortdurende wisselwerking van ‘n verskeidenheid stemme kom ook aan die lig in die prosateks, terwyl dit in die gedigte as Krog se poetiese stem aangebied word. Die poetiese stem dien ook as ‘ n universele stem wat vir alle digters, los van herkoms of geografiese gebondenheid, geld. Krog se siening en ervaring van die prominensie en lewegewende werking van die poetiese woord staan uiteindelik in beide tekste voorop. Ref: Studieleier: DIE OUTOBIOGRAFIESE IN ANTJIE KROG SE GEDIGTE EN 'N ANDER TONGVAL. Prof. H.J.G. du Plooy. Mei 2009 Verder is dit duidelik dat die landskap in ’n groot mate gekonstrueer of geskep word deur die poëtiese word. Die laaste woorde van hierdie gedig suggereer dat om

12

Afrikaan te wees verstaan kan word as ’n voortdurende reis eerder as die aankoms by ’n vaste punt, ’n beeld wat ooreenstem met die vry-swewende en altydevoluerende identiteit opgeroep deur die beeld van die rivier. Die titel van die gedig “aankoms” impliseer dat die digter tuisgekom het in Afrika; die tuiskoms moet egter eerder gesien word as ’n gevoel vir die rigting waarin die reis haar neem. Hierdie gedig is beslis wat opgeroep word wanneer daar aan Antjie Krog gedink word, en moontlik deel van die bekendste van haar oeuvre. Dit sluit ook ten sterkste aan by die tema van hierdie referaat: Krog se wyse om die liggaamlike (of liggaamsfunksies) en huishoudelike met die literêre te vergelyk. Outobiografiese elemente en temas speel 'n belangrike rol in Antjie Krog se oeuvre en is selfs kenmerkend van al haar skryfwerk. Die slotgedig “aankoms” beskryf die afskeid en reflekteer veral die spreker se gevoel dat sy êrens gearriveer het: “ek weet waarheen ek op pad is / tot hiertoe en verder huis”. Hierna keer die bundel se slotgedig “niks by te voeg” met sy situering in die Sederberge, verwysings na Boerneef en die uitsprake van ene Jakoobs Zimmerie terug na Suid-Afrika, die Afrikaanse letterkunde en Afrikaans sonder om te ontken dat menseverhoudings in Suid-Afrika kompleks is (“‘waarg mense is / is altyd mos ongemakke’”). Interessant genoeg is die gedig “aankoms”, wat handel oor die gevoel van aankoms of tuiskom in Afrika, slegs die voorlaaste gedig in die bundel. Dit word gevolg deur die laaste gedig waarin daar teruggekeer word na die Suid-Afrikaanse bodem, na die woorde van ’n Afrikaans-sprekende en ’n intertekstuele verwysing na die Afrikaanse literêre tradisie. In hierdie slotgedig, “niks by te voeg” (104), word die SuidAfrikaanse landskap aanwesig gemaak deur die enumerasie van plekname soos Baadjiesvlei, Biedousrivier, Krakadou, Vaalheuningberg en Wupperthal. Die

13

enumerasie word voortgesit wanneer die stem van ’n Afrikaans- spreker met ’n eie aksent en intonasie in die gedig opgeneem word: Jakoobs Zimmerie wat onder andere die plekname Stapelklip, Opmekaagklip, Skeugklip, Swamklip en Vgottandjiesklip opnoem. Wanneer Krog uiteindelik haar gedigte in Afrikaans in Timboektoe voordra, simboliseer dit ’n proses van identiteitswording, en ontdek sy haar betekenis nie deur die teenwoordigheid van taal self nie, maar juis deur die vervreemde identiteit daarvan, soos vervat in die woorde van die gedig “aankoms” (K 101), waarin Krog ook gedeeltes van haar mede Afrika-digters se werk vertaal:105 Krog skryf oor die transformasie van identiteit en transformasie deur taal, en maak sy gebruik van ander stemme, ander perspektiewe, ander tale soos byvoorbeeld die poësie van swart skrywers uit Suid-Afrika en Afrika, en reis die verteller (Krog) na “Timboektoe” ten einde die bekende te vervreem en daardeur ’n proses van fundamentele verandering mee te bring.

14

Bibliography:

Conradie, Pieter: Geslagtelikheid in die Antjie Krog-teks. Rondebosch: P Conradie, 1997 [ISBN 0620 20719 1 (sb)] Viljoen, Louise: Ons ongehoorde soort: beskouings oor die werk van Antjie Krog. Stellenbosch: Sun Press, 2009 [ISBN 9781920109981 (sb) Anon. 2006 Litnet: Multimedia poësie – Antjie Krog http://www.oulitnet.co.za/multimedia/vonkverse_digters.asp Datum van gebruik: 25 Feb. 2015. Viljoen, L. 2007. Antjie Krog en haar literêre moeders: die werking van ʼn vroulike tradisie in die Afrikaanse poësie. Tydskrif vir Letterkunde, 44(2):5-26. “Deur kleur van die mens”: Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie (2000) en die rekonstruksie van identiteit in post-apartheid Suid Afrika. Om te skryf deur te vertaal en te vertaal deur te skryf: Antjie Krog as skrywer/vertaler deur Frances Antoinette Vosloo. Maart 2010. Krog, Antjie. 2000a. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela.

15

Plagiaatverklaring: PLAGIAATVERKLARING EN KONTROLELYS Voltooi die volgende plagiaatverklaring, asook die kontrolelys wat daarop volg.

PLAGIAATVERKLARING Naam: …………………………………………… Studentenommer: …………………………… Modulekode: …………… Werkopdragnommer: …… Ek verklaar dat hierdie werkopdrag my eie, oorspronklike werk is. Waar ek bronmateriaal gebruik het, is dit volledig en volgens die departementele voorskrifte erken. Ek begryp wat plagiaat beteken en is bewus van die departementele beleid daaromtrent. Handtekening: ………………… Datum: ………………..………… KONTROLELYS Merk telkens die toepaslike blok met ‘n regmerk (√).

1

Ek het alle bronmateriaal wat ek gebruik het (studiegids, studiebrief, internet, ander bronne) erken. I acknowledged all source material (study guide, tutorial letter, internet, other sources) used in my assignment. 2 My werkopdrag bevat my eie bewoording ongeag of ek in ‘n groep saam met ander studente gewerk het of nie. Irrespective of whether I participated in a study group or not, the wording of the assignment is my own. 3 Ek het die bronne wat ek in my werkopdrag gebruik het, aangedui deur die teks in aanhalingstekens te plaas en/of deur verwysings volgens die Harvardverwysingstegniek. I indicated all sources used in my assignment by placing the quote in inverted commas and/or by providing the reference according to the Harvard method. 4 Ek het ‘n bibliografie van alle bronne wat ek gebruik het aan die einde van my werkopdrag ingevoeg. At the end of my assignment, there is a bibliography reflecting all the consulted sources.

JA...


Similar Free PDFs