Dekbriewe+-+17+Maart+2014 +heel+nuutste 1 PDF

Title Dekbriewe+-+17+Maart+2014 +heel+nuutste 1
Author Lené Coetzee
Course Kommunikasie vir Afrikaans Moedertaal
Institution North-West University
Pages 7
File Size 159.7 KB
File Type PDF
Total Downloads 62
Total Views 161

Summary

Class assignment memo...


Description

DEKBRIEWE Wat is ’n dekbrief? Daar is nie slegs een formaat vir ʼn dekbrief nie. Daar is wel sekere aspekte wat in alle dekbriewe moet ingesluit word:    

ʼn Dekbrief is ʼn besigheidsbrief; ʼn transaksionele teks. Dit het ʼn baie spesifieke doel – reaksie op ʼn pos. Dit wil ʼn gunstige indruk van jouself gee sodat die leser meer wil weet. ʼn Dekbrief wil reaksie verkry – dit wil aanleiding gee daartoe dat die leser jou CV wil lees

ʼn Dekbrief is NIE:    

ʼn bedelaarsbrief nie; moenie pleit of smeek nie, ʼn verkorte weergawe van jou CV nie, ʼn bibliografie van jou lewe nie, die plek om te kla of jou opinie te lug nie.

Die hoofdoel van ʼn dekbrief of begeleidingsbrief is om op ʼn professionele wyse jou aan ʼn voornemende werkgewer bekend te stel. Die dekbrief moet aan die skoolhoof of hoof van ʼn organisasie gerig word. Sorg dat die titel van die persoon korrek is. Die dekbrief word vergesel van jou resumé en CV. Voorbeelde

Boomstraat 123 1. Jou woonadres, korrekte spelling, datum volledig uitgeskryf

POTCHEFSTROOM 2520 14 Februarie 2014

Mnr. J. Pienaar (Die Skoolhoof) Laerskool Mooinooi

2. Die voornemende werkgewer se adres met korrekte titels en name.

VRYBURG 2531

Geagte meneer Pienaar/ Geagte Meneer

3. Korrekte aanspreekvorm, geen kommas aan einde

AANSOEK VIR AFRIKAANSONDERWYSER (POSNOMMER 22314) Ek reageer op die advertensie in die Gazette van Januarie 2014 vir ’n Afrikaansonderwyser. Korrekte spelling! Ek is tans ʼn finale jaar B.Ed.-student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. My hoofvakke is Afrikaans en Engels. Ek het ook opleiding ontvang in debatvoering/redenaars en voordrag. Ek het vorige ervaring van koshuisdiens, aangesien ek in een van die plaaslike skole se koshuise gewoon het en koshuisdiens moes verrig oor naweke en sekere middae. Ek was verder betrokke by die landsdiens en het kampe bygewoon saam met van die leerders tydens vakansies. Ek beskik oor ʼn kode 10-bestuurlisensie, asook die openbare voertuiglisensie aangesien ek beeste moes aanry na voerkrale toe. Dit het my in staat gestel om sekere vakansies ook toerbusse te bestuur na die Kruger Wildtuin. Ek heg my CV aan vir oorweging. Ek is beskikbaar vir verdere navrae na vyfuur in die middae wanneer ek nie meer klasse het nie. My selnommer is 072 234 5890. Vriendelike groete / Die uwe Handtekening Jamie Roos (skryf naam ook uit)

Geen punte of kommas

As jy punte gebruik soos by die hoof se naam, moet jy dwarsdeur die brief punte gebruik by afkortings. As jy geen punte gebruik nie, word daar nêrens van punte gebruik gemaak by afkortings nie.

Verduidelik wat jy kan bied t.o.v. die geadverteerde pos Beskryf jou ervaring

Dui belangrike inligting aan wat jou ‘n sterk kandidaat kan maak vir pos.

Waar kan jy gekontak word.

Ander voorbeelde is in Carstens, W.A.M. 2011. Norme vir Afrikaans. Pretoria: Van Schaik Uitgewers: 408-410.

Let op die volgende spellingkwessies: B.Ed.-graad of BEd-graad Kode 08-bestuurslisensie CV = Curriculum Vitae Vierdejaarstudent / finalejaarstudent, maar ek is besig met my finale jaar Aanhef- en aanspreekvorme: Mnr. J. van Wyk / Mnr J van Wyk (voorletters en afkortings kan met of sonder punte geskryf word; AWS 3.13) Mev. C du Toit / Me/Mev C du Toit Dr. C. Kirstein / Dr C Kirstein Geagte mnr Swart / Geagte mnr. Swart / Geagte Meneer / Beste mnr. Van der Merwe / Beste meneer Van der Merwe Indien jy nie weet wie die skoolhoof of ontvanger se ampstitel of naam is nie, skryf jy Die Skoolhoof/ Die Verkeershoof/ Die Bestuurder ensovoorts. Geen komma verskyn na die aanhef nie. By jou slot kom ook geen leestekens nie. Die algemeenste slot is Die uwe, maar Vriendelik die uwe of Met vriendelike groete word ook gebruik. Dit is goeie maniere en bedagsaam om onder jou handtekening, jou naam duidelik uit te skryf, bv. (Me / Mej / Mev) A Blom – weer sonder ʼn punt aan die einde. ʼn Man hoef nie (Mnr) by te voeg nie. Adresse:     

Boomstraat 12 () Sewende Laan / Sewendelaan (AWS14.34)/ 7de Laan / 7e Laan (14.35) Derde Straat / Derdestraat (AWS14.34) ʼn Reël word oopgelaat tussen die datum en adres van die ontvanger. Die dorp of stad word in hoofletters geskryf.

Inligting vervat in dekbrief:  

Slegs inligting wat relevant is tot die posbeskrywing moet hier in genoem word. Indien jy (telefonies) met iemand by die organisasie gepraat het en byvoorbeeld verneem het van ʼn moontlike pos, is dit ʼn goeie aanknopingspunt vir ’n inleidingsparagraaf:



   

Ek het onlangs na u skool geskakel en dat daar ʼn moontlikheid bestaan van ʼn pos vir ʼn fisiese wetenskaponderwyser. Na ʼn positiewe gesprek met die adjunkhoof, mevrou De Lange, het sy voorgestel dat ek direk aan u moet skryf rakende hierdie moontlikheid. Verskaf in die volgende paragraaf ’n bondige beskrywing van jou kwalifikasies en huidige situasie wat van toepassing is op die pos. Die volgende paragraaf kan ʼn uitbreiding wees van jou ervaring met betrekking tot die pos. Die voorlaaste paragraaf kan inligting bevat waarin jy kortliks beskryf waarom dit voordelig kan wees vir die werkgewer om jou aan te stel. In die slotparagraaf dui jy aan watter dokumente jy aanheg, byvoorbeeld jou CV en Resumé, asook ʼn kontaknommer en moontlike tyd wat jy beskikbaar is.

5 kriteria vir ʼn goeie dekbrief: 1. Aanbieding Die hele brief moet draai om die pos waarvoor jy aansoek doen. Dit moet voldoen aan die voorskrifte van die pos Dit moet uiters netjies en sonder enige spelfoute of tikfoute wees. Al die inhoud moet betroubaar en eerlik wees. Verkieslik nie langer as een A4-bladsy nie. Dit moet GEEN negatiewe taal of kritiek bevat nie. 2. Formaat en styl Die dekbrief word geskryf na aanleiding van ʼn geadverteerde pos of Jy doen aansoek op grond van ʼn persoon se aanbeveling. Onthou om die paragrawe te belyn (“justify”) sodat al die kantlyne netjies in ʼn reguit lyn loop. 3. Toon Dit is ʼn professionele, transaksionele brief. Die toon wat jy gebruik moet dit weerspieël. Die toon waarin jy skryf, is die eerste indruk wat jy maak op jou voornemende werkgewer. 4. Hou die dekbrief relevant ten opsigte van die vereistes wat in die advertensie van die pos aangedui word. 5. Wees akkuraat ten opsigte van spelling, sinskonstruksies, punktuasie en duidelike, ondubbelsinnige woorde.

Dekbrief-kontrolelys 1. Persoonlike besonderhede Jou naam, adres, poskode Telefoonnommer en e-posadres Datum, volledig uitgeskryf Die persoon aan wie jy die brief rig aan die linkerkant Titel van die persoon Naam van die organisasie (skool) Adres en poskode van die organisasie

2. Aanhef en rede vir skrywe Geagte/ Beste of bloot Meneer, Mevrou, Doktor Aansoeknommer of tipe pos in hoofletters 3. Openingsparagraaf Rede waarom jy aansoek doen Goeie aanknopingspunt (wow-faktor) 4. Tweede paragraaf Wat kan jy die organisasie/skool bied ten opsigte van die geadverteerde pos Verduidelik waarom jy jouself as ʼn goeie kandidaat vir die pos beskou. 5. Derde paragraaf Verduidelik waarom jy belangstel om by die organisasie aan te sluit Probeer om hier iets in te sluit van die spesifieke organisasie /skool, byvoorbeeld hulle goeie akademiese/sport/kultuurprestasie; bepaalde leerders; gespesialiseerde vakke, ens. En toon aan hoe dit by jou kwalifikasie of sterk punte inpas. 6. Slotparagraaf Gebruik ʼn positiewe afsluiting en noem watter dokumente jy aanheg soos jou CV en selnommer. 7. Afsluiting Vriendelike groete / Byvoorbaat dankie Handtekening Jou naam uitgeskryf Nog voorbeelde (die adres van die sender en ontvanger is uitgelaat):

Beste Dr. Botha POSNOMMER 12345: REKENAARONDERWYSER Ek skryf met betrekking tot/ na aanleiding van die pos vir ʼn rekenaaronderwyser wat in die plaaslike koerant van 14 Februarie 2014, bladsy 5, geadverteer is. Ek het ʼn besondere passie vir rekenaarstudie en beywer my om leerders rekenaargeletterd te maak sodat hulle in hierdie tegnologiese eeu kan oorleef. In aansluiting hierby het my verder bekwaam in verskeie ander aspekte waarby rekenaargeletterdheid ter sprake is, onder meer in web/grafiese ontwerp en het opleiding en ervaring in verskeie ekstra programme, byvoorbeeld:  Windows met Excel,  Adobe Photoshop CS3, insluitend digitale ontwerp, fotomanipulering en illustrasie,  Voorblad/Web-uitdrukking 2 waarop ek my eie portefeulje geskep het met behulp van spesialissagteware. Dit kan besigtig word by www.minedesigns.com. Ek het gemerk dat u skool ʼn fotografieklub het en kuns aanbied as vak. My buitekurrikulêre opleiding in genoemde programme, kan baie verrykend aangewend word tot voordeel vir leerders van hierdie vakke. Ek is ʼn uiters gemotiveerde persoon en IT is ʼn groot passie in my lewe. Ek is seker dat ek kan bydra tot verdere ontwikkeling van leerders in u skool. Ek heg ʼn Resumé en volledige Curriculum Vitae aan. Besoek asseblief my webadres vir voorbeelde van my werk. Ek is enige tyd beskikbaar vir ʼn onderhoud of informele gesprek wanneer dit vir u geleë is. By voorbaat dankie Mini van Loggerenberg

Paragrawe as voorbeelde in bepaalde vakgebiede: 1.Sport Ek glo dat ʼn gesonde liggaam, ʼn gesonde gees huisves en daarom is sport vir my baie belangrik. Ek fokus veral op rugby

Sluit aan by die vereistes van die pos.

Lys die vaardighede waaroor jy beskik sodat die werkgewer dit duidelik kan sien. Verwys na bewyse van jou vaardigheid.

Wys jy het inligting bekom oor die skool.

en krieket en het in beide sportsoorte provinsiale kleure verwerf. Aangesien hierdie sportsoorte veral gerig is op spanwerk, vaar ek baie goed daarin. Ek geniet dit om kinders af te rig en te sien hoe elke kind ontwikkel en homself ontdek. My gunstelingvakke is daarom bewegingskunde en biologiese wetenskappe.

Let op die spelling van gunstelingvak!

As gevolg van bogenoemde eienskappe, neem ek die vrymoedigheid om aansoek te doen vir die geadverteerde pos. Ek is ʼn geskikte kandidaat omdat sportontwikkeling en die positiewe rol wat sport kan speel in die gemeenskap vir my ʼn passie is wat ek graag wil uitleef. Ek is oortuig dat ek ʼn groot bydra kan lewer tot die bereiking van hierdie doelwit by u skool.

Die pos het vereis dat die persoon deel moet wees van ʼn uitreik na die gemeenskapprogram om kinders van die straat af te hou.

2. Kleuterskool Ek was verheug toe ek die advertensie sien in die Beeld van 12 Mei 2014 op bladsy 3. Baie dankie dat ek die kleuterskool kon besoek en dat ek so vriendelik ontvang is. Die nuwe klimraam-area is werklik pragtig en veilig!

Herinner die hoof dat jy die skool besoek het en hoe entoesiasties jy is.

Ek het onlangs na ... verhuis en is nou opsoek na ʼn werk as kleuterskoolonderwyseres. Ek het tot en met my man se verplasing by Hobbelperd-Kleuterskool gewerk en was verantwoordelik vir die Graad R-klassie van tien leerders. Hierdie posisie het ek die afgelope vyf jaar, sedert ek begin het in die onderwysberoep, gehou. Ek het gemerk dat daar leerders is wat spesiale aandag nodig Wys dat jy oplettend is en het. Aangesien ek verdere opleiding ontvang het in hoe dit aansluit by jou opvoedkundige sielkunde, dink ek dat ek ʼn geskikte kwalifikasies. kandidaat is vir hierdie pos. Baie geluk met die puik prestasie wat u kleuterskool ontvang het vir die beste onderrig in 2013. Aangesien goeie organisasie en veiligheid vir my prioriteit is, is ek hoogs beïndruk met u skool en sou ek dit as ʼn voorreg beskou om deel te kan wees daarvan.

Toon jou belangstelling en bekom inligting en bevestig waarom jy die pos wil hê....


Similar Free PDFs