FUR2601 Vrae en Antwoorde PDF

Title FUR2601 Vrae en Antwoorde
Course Introduction To Law / Inleiding Tot Die Reg
Institution North-West University
Pages 25
File Size 822.8 KB
File Type PDF
Total Downloads 439
Total Views 990

Summary

Studie eenheid 1 – Inleiding tot die Grondweten die Handves van RegteAktiwiteit 1. 1 die siening dat die tussentydse GW ‘n grondwetlike rewolusie teweeggebring het, wat afgehandel is toe die 1996 aangeneem is(15) Tussentydse GW kom in werking in 1994 en eindig apartheidsregering en regte word aan a...


Description

1

Studie eenheid 1 – Inleiding tot die Grondwet en die Handves van Regte Aktiwiteit 1.4 1.Bespreek die siening dat die tussentydse GW ‘n grondwetlike rewolusie teweeggebring het, wat afgehandel is toe die 1996 aangeneem is(15)      

 





Tussentydse GW kom in werking in 1994 en eindig apartheidsregering en regte word aan almal gegee ongeag ras Parlementêre soewereiniteit is vervang deur grondwetlike soewereiniteit Howe het slegs formele toetsingsbevoegdhede gehad – verander na onafhanklike regsbank Afdwingbare HvR vorm deel van GW Sentrale en sterk regering van verlede, vervang met demokratiese regering, gebaseer op grondwetlikheid, oppergesag van die reg en skeiding van magte Voor 1994 kon die soewereine parlement enige wet uitvaardig en geen persoon of hof kon die geldigheid daarvan bevraagteken nie; ‘n hof kon alleenlik die prosedures vir die aanname en uitreiking van wetgewing ondersoek. Die parlement het die wit minderheid verteenwoordig en die meerderheid van die bevolking het geen stemreg gehad om onpopulêre of onderdrukkende maatreëls te ontmoedig nie. Die vorige SA grondwette het geen verhewe status bo parlementêre wetgewing geniet nie en kon deur gewone prosedures gewysig word. Ook die gemenereg kon maklik deur wetgewing gewysig word. Namate teenstand teen apartheid toegeneem het, het die regering dikwels ‘n noodtoestand afgekondig om siviele regte verder in te kort. Finale GW moes voldoen aan grondwetlike beginsels – bylae 4 Die tussentydse GW was die resultaat van deeglike onderhandelinge tussen die verteenwoordigers en teenstaanders van die apartheid staat. Informele onderhandelinge het in 1985 begin tussen die NP regering en Nelson Mandela. In 1990 het Staatspresident FW de Klerk Mandela vrygelaat en die verbod op vryheidsbewegings – die ANC, PAC en SACP – gelig. Politieke gevangenes is vrygelaat en bannelinge is toegelaat om terug te keer na SA. Die KH moes die teks van die finale GW as bestaanbaar met hierdie Beginsels verklaar. Die teks wat in Mei 1996 aangeneem is, is deur die KH afgekeur. Die gewysigde teks is in die Tweede Sertifiseringsaak as bestaanbaar daarmee bevind. Die Beginsels dien nou as interpretasie hulpmiddel. Toe die 1996-GW op 4 Februarie 1997 in werking tree, het dit ‘n einde gebring aan ‘n lang stryd om grondwetlike demokrasie in SA in te stel. Hierdie finale GW (‘n produk van ‘n demokraties verkose liggaam – die Grondwetlike Vergadering) het die 1993 GW herroep en SA se grondwetlike rewolusie voltooi.

2.Wat is die verhouding tussen die GW & HVR?(5)  HVR is onlosmaaklik deel van die GW  Kan net in die grondwetlike konteks behoorlik verstaan word  Aangesien GW as sodanig verskans is, is HVR afdwingbaar  Art 8 vd GW bepaal dat hvr van toepassing is op die totale reg en bind die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en all staatsorgane 3.Wat was belang van die grondwetlike beginsels, wat in die tussentydse GW verskans is by die opstel en aanvaarding van die finale GW?(10)  Finale GW is opgestel en aanvaar ooreenkomstig 34 gw’e beginsels vervat in bylae 4 van tussentydse GW. Eers nadat KH verklaar het dat

die bepalings van die 1996 GW in oreenstemming met GW’e beginsels was, het dit die finale GW geword Die “Multi-Party Negotiation Process” (MPNP) – het 34 Grondwetlike Beginsels uiteengesit waaraan die nuwe GW moes voldoen. Die Grondwetlike Beginsels was ‘n raamwerk vir die skepping van ‘n demokratiese staat waarin die fundamentele regte en vryheid van alle burgers beskerm word.  Die 1993-GW was ‘n oorgangsgrondwet. Een van die belangrikste oogmerke daarvan was om die prosedures vir die onderhandeling en opstel van die finale GW uiteen te sit, soos gereguleer deur die Grondwetlike Beginsels.  Die KH moes die teks van die finale GW as bestaanbaar met hierdie Beginsels verklaar. Die teks wat in Mei 1996 aangeneem is, is deur die KH afgekeur. Die gewysigde teks is in die Tweede Sertifiseringsaak as bestaanbaar daarmee bevind. Die Beginsels dien nou as grondwetlike interpretasie hulpmiddel.  Hierdie finale GW (‘n produk van ‘n demokraties verkose liggaam – die Grondwetlike Vergadering) het op 4 Februarie 1997 in werking getree en die 1993 GW herroep. Eerste sertifiserings saak







 

 

By Codesa ooreengekom op 2 fase oorgangsproses. Interim regering wat onder ‘n interim Grondwet funskioneer sal die land op koalisie basis regeer terwyl die finale Grondwet opgestel word. Nasionale wetgewer is verkies deur alle volwasse kiesers, ongeag ras, en finale Grondwet moet binne sekere tyd opgestel word. Die Multiparty Onderhandelingsproses het op ‘n stel van 34 Grondwetlike beginsels ooreengekom wat die raamwerk vir die finale Grondwet moes vorm: ‘n oppermagtige Grondwet waarin fundamentele regte van alle persone beskerm word. Konstitusionele moet sertifiseer dat GW voldoen aan die 34 beginsels. Na die aanvaklike sertifisering kan niemand meer beswaar maak teen Grondwetwysiging op grond van nie-nakoming van die Grondwetlike beginsels nie. Beginsels slegs van toepassing op sertifisering van finale Grondwet.

Sertifisering-saak 1 en 2 Die volgende is basiese beginsels wat die grondwetlike bedeling ten grondslag.   

Demokrasie, oppergesag vd gw en die oppergesag vdie reg wat in die teks vd gw verskans word Grondwetlikheid, skeding van magte wigte en teenwigte(checks and balances) wat by die teks vd gw ingeslote is Fundamentele regte wat verkans word in die hvr.

4.Beteken grondwetlikheid dieselfde as die blote feit dat ‘n mens n grondwet het(5)  Alhoewel ‘n skriftelike en oppermagtige gw van kritiese belang vir grondwetlikheid is, kom laasgenoemde nie eenvoudig daarop neer dat ‘n ge bestaan nie.  Brittanje het nie skriftelike en soewereine GW nie, maar grondwetlikkheid word gerespekteer  Van groot belang is: daar moet of prosedurele of substantiewe beperkings op die gedag vd regering moet wees.  Struktuele en prosedurele beperkings beteken dat slegs sekere instellings sekere magte en bevoegdhede mag uitoefen – en slegs as die spesifieke prosedures gevolg word.

Substantiewe beperkinge word hoofsaaklik dmv die HvR opgelê. Die staat mag nie sy bevoegdheid op so ‘n manier gebruik dat dit op enige vd fundamentele regte inbreuk maak nie. Dit het ‘n orreenstemmende plig om sy mag aan te wend om die regte vervat in die HvR te beskerm en te bevorder.

5.Waarom moet die howe en die nie-verkose regters wat hulle beman die bevoegdheid he om besluite van ‘n demokratiese wetgewende gesag en ‘n demokratiese en verteenwoordigende regering nietig te verklaar.?(15)     





Dit is in ooreenstemming met beginsels van grondwetlikheid en demokrasie Grondwetlikheid dikteer dat die gesag (uitvoerend, wetgewend of regsprekendegeregtelik) beperk word Aan die ander kant is demokrasie altyd regering deur mense volgens sekere voorafbepaalde prosedures of norme Regsprekende gesag mag daarom wetgewing afkeur wat deur demokratiese verkose verteenwoordigers in die parlement opgestel is Art 172 vd GW bepaal dat ‘n hof met die nodige jurisdiksie ‘n wet of optrede wat onbestaanbaar is met die GW ongeldig moet verklaar vir sover dit onbestaanbaar is. Art 165(5) – ‘n beslissing of bevel van die hof is bindend op alle persone en staatsorgane waarop dit van toepassing is. Wanneer die hof ‘n parlementswet ongeldig verklaar kan daar geargumenteer word dat dit teen die wil van die mense geskied – parlementswette word opgestel deur die verkose verteenwoordigers van die mense. Die uitvoerende en wetgewende gesag het egter ooreenstemmende mag verkry uit die GW. Demokrasie behels regering deur die burgers, binne sekere vooraf bepaalde kanale; volgens vooraf bepaalde prosedures. Dit is die taak van die hof om te verseker dat regeringsbesluite en wetgewing wat inbreuk maak op menseregte ongeldig verklaar word. ‘n Besluit deur die meerderheid mag nie inbreuk maak op individuele fundamentele regte nie. Die GW word nie slegs deur die howe afgedwing nie. Burgers kan druk uitoefen op die regering om effek te gee aan hul regte. Vryheid van pers verseker dat die regering sy verpligtinge nakom en voorkom magsmisbruk. Hoofstuk 9 van die GW het ‘n aantal staatsinstellings geskep om ons konstitusionele demokrasie te beskerm, bv die Menseregte Kommissie en die Openbare Beskermer.

Executive Council of the Wester Cape Legislature 

Die bevoegdheid om ‘n Parlementswet te wysig mag nie aan die uitvoerende gesag gedelegeer word nie.’

6.Wat was die bydrae vd KH tot die ontwikkeling van die beginsel van die oppergesag van die reg( rule of law)? (10)  Oppergesag van die reg is die opvatting dat ‘n regering net ingevolge die reg mag optree, wat deur onpartydige en onafhanklike howe afgedwing word. Die oppergesag van die reg is verskans in die GW en het ten doel om basiese individuele regte te beskerm, deur van die regering te vereis om volgens vooraf vasgestelde, duidelike en algemene reëls (wat deur howe afgedwing word) ooreenkomstig billike prosedures op te tree – AC Dicey.  Niemand is bo die reg verhewe nie. Die staat se bevoegdhede kan slegs uitgeoefen word as die reg dit toelaat. Daar moet dus wetgewende magtiging wees vir alles wat die staat doen.  Die KH het die rule of law-beginsel op beslissende wyse regstreeks toegepas en daaruit ‘n algemene vereiste ontwikkel dat alle regs- en staatsoptrede rasioneel verband moet hou met ‘n regmatige regeringsoogmerk. Pharmaceutical Manufacturers-saak:

2  

 

Die hof moes beslis of die bevoegdheid van die President om ‘n Parlementswet inwerking te stel grondwetlik hersienbaar is. Die hof het beslis dat hierdie funksie nie uitvoerend of wetgewend van aard is nie, maar iewers tussen-in. Hoewel dit nie administratiewe optrede was nie (en dus nie onderworpe is aan die reg op administratiewe geregtelikheid in die HvR nie), is dit steeds ‘n openbare bevoegdheid wat in ooreensteming met die GW uitgevoer moet word. Die oppergesag van die reg vereis dat openbare bevoeghede nie arbitrêr mag wees nie en moet rasioneel verband hou met die doel van die bevoegdheid. Belangrik van hierdie saak: Die spesifieke norme moet eers uitgeput word voordat algemene en abstrakte norme soos die oppergesag van die reg toegepas word.

7.Verduidelik die prosedurele en substantiewe komponente van die oppergesag van die reg(rule of law) (10)  Die prosedurele komponent van die rule of law-beginsel verbied arbitrêre besluitneming, terwyl die substantiewe komponent voorskryf dat die regering individuele basiese regte moet respekteer. 

Die oppergesag van die reg beteken meer as die waardeneutrale legaliteitsbeginsel – dit bevat sowel prosedurele as substantiewe komponente.



Die prosedurele komponent verbied arbitrêre besluitneming deur sowel die uitvoerende gesag, as die Parlement. Die afwesigheid van ‘n rasionele verband tussen alle regs- en staatsoptrede en ‘n regmatige regeringsoogmerk dui op arbitrêre wetgewing.

 

Die substantiewe komponent vereis dat die regering die basiese regte van individue respekteer. Bv menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Spesifieke norme wat die oppergesag van die reg konkretiseer, daarop uitbrei en dit implimenteer, moet eers toegepas word in regsdispute voordat algemene en abstrakte norme toegepas word. Waar optrede bv administratief van aard is, is dit indirek onderhewig aan die reg op administratiewe optrede in die HvR en direk aan die magtigende wetgewing – eers in die laaste instansie aan die abstrakte beginsel van die oppergesag van die reg in die GW.

8.Watter drie vorme van demokrasie word deur GW erken?(10) Demokrasie is regering deur die mense in ‘n land, gebaseer op die instemming van diegene waaroor regeer word, en deur hulle verkies om hul belange te verteenwoordig. Demokrasie is een vd grondwaardes vd Republiek. Die Aanhef vd GW verklaar dat regering op die wil van die mense gebaseer moet word. Die GW erken 3 vorme van demokrasie: verteenwoordigende demokrasie, deelnemende demokrasie en direkte demokrasie. 1.   2.

Regstreekse demokrasie Dien as teenwig vir die belang van politieke partye in verteenwoordigende demokrasie Mense spreek hul regstreeks uit dmv verkiesing oor sekere politieke aangeleenthede soos aanname van die GW Deelnemende demokrasie Deelnemende demokrasie beteken dat individue of instellings wat die mense verteenwoordig aan politiek moet deelneem; aan besluite wat hulle affekteer. Die GW erken die belang van deelname uitdruklik. Art 57(1)b) vd GW bepaal dat die Nasionale Vergadering reëls en orders moet maak met behoorlike inagneming van verteenwoordigende en deelnemende demokrasie, verantwoordingspligtigheid, deursigtigheid en publieke betrokkenheid.

Soortgelyke bepalings bestaan tov die NRVP en provinsiale wetgewers. Art 33 vd GW bepaal as deel van prosedureel billike administratiewe optrede dat ‘n persoon ‘n verhoor gegee word voordat besluite geneem word wat sy regte affekteer. Die KH gee locus standi aan ‘n persoon wat nie ‘n party in ‘n saak is nie, maar met ‘n belang in ‘n saak om as amicus curiae op te tree.



In Fose v Minister of Safety het die KH egter beslis dat, buiten ‘n belang, die amicus curiae ook nuwe bewerings of argumente na vore moet bring wat nuttig is vir die hof.

 

3.   

Verteenwoordigende demokrasie Die burgers van die staat verkies verteenwoordigers van hul keuse om die wil van die volk deur te gee Dit impliseer dat inwoners van bo 18 in die staat by wyse van direkte verteenwoordiging ‘n sê moet hê in die wyse waarop die staat regeer word (Verteenwoordiging in die wetgewende gesag) Verteenwoordige demokrasie word gedoen dmv ‘n verkiesing wat gereeld gehou moet word

9.Verduidelik die omvang van die skeiding van magte en wigte en teenwigte, op gegrond van regspraak van die KH(10)  Skeiding van magte is nie absoluut  KH beslis dat geregtelike hersiening nie behels dat hulle beslissings maak wat ander regeringsvertakkings moes maak nie  Verwys Soobramoney en Minister of Health vs TAC 1.3.4. 

Skeiding van magte en wigte en teenwigte Die verdeling van staatsgesag in wetgewende, uitvoerende en regsprekende funksies en die uitoefening van die funksies in verskillende vertakkings

Wetgewende gesag Bevoegdheid om regsreëls te skep, wysig en te herroep Uitvoerende gesag Bevoegdheid om regsreëls uit te voer en af te dwing Regsprekende gesag Bevoegdheid om regsreëls te interpreteer, en reëls op werklike situasie toe te pas        



Geen politieke vryheid wanneer magte in een persoon of liggaam gesetel is nie Hierdie leerstuk verklaar dat staatsgesag verdeel moet word om mag in een hand te verminder So word burgers beskerm teen die misbruik van staatsgesag Hierdie skeiding van magte erken in GW Skeiding van magte nie absoluut – in Eerste Sertifiserings saak beslis die KH dat hierdie leerstuk nie ‘n vasgestelde of onveranderlike leerstuk is nie Beginsel van geregtelike onafhanklikheid vorm grondslag van hierdie beginsel Wigte en teenwigte verseker dat regeringsvertakkinge mekaar kontroleer en as teenwigte te dien vir die mag van die ander vertakkinge Die beginsel van skeiding van magte en wigte en teenwigte vorm implisiet deel van die GW teks. Die Grondwetlike Beginsels het vereis dat die 1996 GW skeiding van magte en wigte en teenwigte moet voorsien. Die KH streef om ‘n SA model van skeiding van magte te ontwikkel. ‘n Buigbare benadering word gevolg. In die volgende sake staan die KH die beginsels voor as deel van die grondbeginsels van die Republiek:





South African Association of Personal Injury Lawyers v Heath – ‘Daar is geen twyfel dat ons GW voorsiening maak vir ‘n skeiding van magte nie en dat wetgewing strydig met wat die GW daaromtrent verlang, ongeldig is. Skeiding van magte is implisiet in die GW.’ Die KH het bevind dat regterlike beamptes in gepaste omstandighede wel aan die hoof van ‘n kommissie van ondersoek kan staan. In hierdie saak was die funksies egter onbestaanbaar met die regspreking en daarom ongeldig. Die Eerste Sertifisering-saak - KH beslis dat die leerstuk van skeiding van magte nie ‘n vasgestelde of onveranderlike grondwetlike leerstuk is nie Executive Council of the Western Cape Legislature - ‘Die bevoegdheid om ‘n Parlementswet te wysig mag nie aan die uitvoerende gesag gedelegeer word nie.’ Soobramoney - Die hof het geweier om die staat te beveel om duur dialise behandeling te verskaf op ‘n krities-siek pasiënt aan die lewe te hou. Dit is nie die funksie van die hof om te bepaal hoe ‘n beperkte begroting aangewend moet word om die maksimum voordeel aan die meerderheid pasiënte te voorsien nie. Treatment Action Campaign – Die hof sal nie huiwer om verpligte verligting en steun te beveel wat beleid en koste-implikasies het, as dit beslis dat die staat nie sy grondwetlike verpligtinge ywerig en sonder vertraging nakom nie.

Wigte en teenwigte moet veseker dat die regeringsvertakkinge mekaar intern kontroleer en as teenwigte dien vir die mag van die ander vertakkinge. Geregtelike hersiening en die aanstelling van regters is belangrike voorbeelde hiervan. Fundamentele regte: kom elke mens toe vorm deel van die fundamentele of grondwaardes van die Republiek word in die GW verskans – in besonder die HvR enige bedreiging of skending van enige fundamentele reg kan aanleiding gee dat ‘n slagoffer ‘n aksie instel voor die relevante owerheid (gewoonlik ‘n geregshof), wat deur die GW gemagtig word om die HvR af te dwing en oor ‘n toepaslike remedie te beslis. 10.Sou die volgende wysingings aan die Grondwet geldig wees? a. Wet 109 van 2005 wysig artikel 11 (die reg op lewe) van die Grondwet, deur die Parlement die mag te gee om weer die doodstraf, waarop in S v Makwanyane ’n verbod geplaas is, in te stel. Die Wet word deur een derde van die lede van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar. In u antwoord moet u na regspraak verwys. (7) Hierdie wysigings sou ongeldig wees 74. Wetsontwerpe wat die Grondwet wysig (1) Artikel 1 en hierdie subartikel kan gewysig word deur ’n Wetsontwerp wat aangeneem word deur – (a) die NV, met ’n ondersteunende stem van minstens 75% van sy lede; en (b) die NRVP, met ’n ondersteunende stem van minstens 6 provinsies. (2) Hoofstuk 2 kan gewysig word deur ’n Wetsontwerp wat aangeneem word deur – (a) die NV met ’n ondersteunende stem van minstens 2/3 van sy lede; en (b) die NRVP, met ’n ondersteunende stem van minstens 6 provinsies. (3) Enige ander bepaling van die Grondwet kan gewysig word deur ‘n Wetsontwerp wat aangeneem word – (a) deur die NV, met ’n ondersteunende stem van minstens 2/3 van sy lede; en (b) ook deur die NRVP, met’n ondersteunende stem van minstens 6 provinsies, indien die wysiging – (i) betrekking het op ’n aangeleentheid wat die Raad raak; (ii) provinsiale grense, bevoegdhede, funksies of instellings verander; of (iii) ’n bepaling wat spesifiek met ’n provinsiale aangeleentheid handel, wysig.

3 b. Wet 96 van 2005 wat deur dieselfde meerderheid in die paarlement en die NRVP aanvaar is, stel weer parlementere opergesag in die plek van grondwetlike opergesag in, soos bepaal in artikel 1 vd gw? (5) Hierdie wysigings sou ongeldig wees 74. Wetsontwerpe wat die Grondwet wysig (1) Artikel 1 en hierdie subartikel kan gewysig word deur ’n Wetsontwerp wat aangeneem word deur – (a) die NV met ’n ondersteunende stem van minstens 75% van sy lede; en (b) die NRVP, met ’n ondersteunende stem van minstens 6 provinsies.

Skeiding van magte en wigte en teenwigte Volgens hierdie beginsels moet die magte vd staat verdeel word onder verskeie organe om ‘n outoritere regering te voorkom en om menseregte te beskerm. 

Die verdeling van staatsgesag in wetgewende, uitvoerende en regsprekende funksies en die uitoefening van die funksies in verskillende vertakkings

Wetgewende gesag Bevoegdheid om regsreëls te skep, wysig en te herroep 11.Verduidelik grondwetlikheid, die oppergesag vd reg, demokrasie en aanspreeklikheid, skeiding van magte,...


Similar Free PDFs